Kongres 2021

Kongres 2021 gekanselleer

18 Januarie 2021

Na deeglike oorweging van die situasie met betrekking tot Covid-19 in Namibië, het die PVATN-bestuur besluit om Kongres 2021 te kanselleer.

Huidige Covid-19-regulasies laat ons kongres nie toe nie, en dit is nie seker wanneer die toepaslike regulasies gunstig aangepas of opgehef sal word nie. Hoewel ons uiteraard die kansellasie van die kongres baie jammer vind, is die PVATN se gehoorsaamheid aan geldende wette en regulasies in Namibië, sowel as die veiligheid van ons lede, nie onderhandelbaar nie.

Ons volgende kongres sal dus in Maart 2022 plaasvind.

Die kansellasie van Kongres 2021 beteken egter hoegenaamd nie dat die PVATN vanjaar geen werk gaan verrig nie. In plaas van vanjaar se kongres, sal ons in samewerking met die Universiteit van Namibië deur die loop van die jaar ‘n aantal gratis webinare oor belangrike en kritieke temas in Afrikaans-taalonderwys aanbied. Sommige van die temas wat vir Kongres 2021 geïdentifiseer is, sal dus steeds aanlyn plaasvind, terwyl ook ander onderwerpe gedek kan word. Verdere inligting oor ons webinare sal in Maart bekend gemaak word.

Ons wens alle Afrikaansonderwysers ‘n vrugbare en gesonde jaar toe, en ons sien julle by ons webinare!

Sessies wat gedurende Kongres 2021 sou plaasvind

Graad O-3

  • Los en vas skryf – ‘n logiese benadering | Herman Beyer
  • Leerondersteuning | Ronel Bosch
  • Handskrifonderrig | Marietjie Burger
  • Perseptuele vaardighede | Launa Moolman
  • Heelbreinonderrig met musiek | Elmari Saayman
  • Tweetalige Grondslagfasewoordeboek | Phillip Louw
  • Inligtingsessie oor die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) | Herman Beyer

Graad 4-7

  • Deurlopende skryfwerk | Sunet Coetzee
  • Lees en gerigte skryfwerk | Carmen Kinghorn
  • Woordeskatuitbreiding | Phillip Louw & Herman Beyer
  • Lees en reageer | Renate Schmidt
  • Luister en reageer | Renate Schmidt
  • Onderrig van kreatiewe skryfwerk | Henriëtte van Wyk
  • Los en vas skryf – ‘n logiese benadering | Herman Beyer
  • Inligtingsessie oor die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) | Herman Beyer

Graad 8 & 9

  • Los en vas skryf – ‘n logiese benadering | Herman Beyer
  • Die elemente van ‘n drama | Chrisna Beuke-Muir
  • Lees en gerigte skryfwerk | Helena Vilonel
  • Woordeskatuitbreiding | Phillip Louw & Herman Beyer
  • Onderrig van kreatiewe skryfwerk | Henriëtte van Wyk
  • Hoe om ‘n goeie opsomming te maak | Helena Vilonel
  • Spelifiëring | Petronella Genis
  • Inligtingsessie oor die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) | Herman Beyer

Graad 10 & 11, O/AS-vlak

  • Metodiek vir die AS-vlak | Ronél Gouws
  • My plaas se naam is Vergenoeg | Chrisna Beuke-Muir
  • Los en vas skryf – ‘n logiese benadering | Herman Beyer
  • Gesprek met die eksaminatore
  • Onderrig van kreatiewe skryfwerk | Henriëtte van Wyk
  • Woordeskatuitbreiding | Phillip Louw & Herman Beyer
  • Lees en gerigte skryfwerk | Helena Vilonel
  • Die aanpassing van tekste vir geskikte gebruik | Gerdus Feris
  • Spelifiëring | Petronella Genis
  • Inligtingsessie oor die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) | Herman Beyer