Plakkaatprojek

Ons stel met groot trots die PVATN-plakkaatprojek se eerste drie plakkate beskikbaar! Alle plakkate is oorspronklik ontwerp, met oorspronklike kunswerk deur ’n plaaslike kunstenaar.

Hartlike dank aan Visions Consulting vir die borgskap om die eerste oplaag te laat druk. Ons het groot waardering vir julle betrokkenheid by die onderwys in Namibië!

U sal die plakkate hier aanlyn kan bestel sodra die skole heropen. Inkomste uit verkope sal aangewend word om ons plakkaatreeks uit te brei, sodat ons uiteindelik plakkate oor verskillende vaardighede en onderwerpe vir alle fases beskikbaar kan stel.

Hier is hulle:


Emosies

 

700 mm x 500 mm
Geskik vir Graad O-7
Prys: N$30,00 per eksemplaar


Die seisoene

700 mm x 500 mm
Geskik vir Graad O-3
Prys: N$30,00 per eksemplaar


Woordorde (STOMPI)

700 mm x 500 mm
Geskik vir Afrikaans Tweede Taal
Prys: N$30,00 per eksemplaar